Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar hy wat na raad luister, is wys. Die toorn van 'n dwaas is nou bekend, maar 'n verstandige man bedek skande. Hy wat die waarheid spreek, toon geregtigheid, maar 'n valse getuie bedrieg. Daar is wat praat soos die deursteek van 'n swaard, maar die tong van die wyse is gesond. Die lip van die waarheid sal vir ewig vasstaan, maar 'n leuenagtige tong is net vir 'n oomblik. Bedrog is in die hart van die wat kwaad bedink, maar vir die raadgewers van vrede is vreugde. Daar sal geen onheil met die regverdige gebeur nie, maar die goddelose sal met onheil vervul word. Vir die HERE is leuenagtige lippe 'n gruwel, maar die wat waaragtig handel, is sy welbehae. 'n Verstandige mens verberg kennis, maar die hart van die dwase verkondig dwaasheid. Die hand van die vlytiges sal heers, maar die luiaards sal onder belasting wees. Swaarmoedigheid in die hart van die mens maak dit neerbuig, maar 'n goeie woord maak dit bly. Die regverdige is voortrefliker as sy naaste, maar die weg van die goddelose verlei hulle. Die luiaard braai nie wat hy in die jag gevang het nie, maar die goed van 'n vlytige man is kosbaar. Op die weg van geregtigheid is lewe; en in die pad daarvan is daar geen dood nie.
Lees Spreuke 12
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Spreuke 12:15-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's