In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. 'n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; 'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie. Wie die waarheid aan die lig bring, lewer betroubare getuienis; 'n getuie wat lieg, maak alles vals. Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê. Die waarheid hou vir altyd, die leuen net 'n oomblik. Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is; dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed, doen dit met vreugde. Geen leed sal die regverdige tref nie; goddeloses beleef ramp op ramp. Die Here het 'n afsku van leuenaars; Hy hou van betroubare mense. 'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie; dwase basuin hulle dwaasheid uit. Hardwerkende mense kom in magsposisies; lui mense word dwangarbeiders. Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op. Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur 'n vriend; die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies. Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie; 'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings. Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe, dit is 'n pad wat nie na die dood lei nie.
Lees SPREUKE 12
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SPREUKE 12:15-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's