En toe hulle tuis kom, en ook Dawid terug was nadat hy die Filistyn verslaan het, het die vroue uitgegaan uit al die stede van Israel met sang en koordanse, met tamboeryne, met vreugdegeroep en met triangels koning Saul tegemoet. En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende! En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry! En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad. Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul 'n spies in sy hand hou. Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee. En Saul was bevrees vir Dawid, omdat die HERE met hom was en van Saul gewyk het. Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die manskappe uit- en ingegaan het. EN Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom. Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword. Maar die hele Israel en Juda het Dawid liefgehad, want hy het voor hulle uit- en ingegaan.
Lees I SAMUEL 18
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: I SAMUEL 18:6-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's