PSALMS 88:1-5

PSALMS 88:1-5 AFR53

'N LIED. 'n Psalm van die kinders van Korag. Vir die musiekleier; op die wysie van: „Máhalat leannot.” 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U. Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking. Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk. Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag