Hy het geantwoord: “Here, U ken my. My hele lewe lank dien ek met groot ywer nog net vir U. Israel het egter die rug vir U gedraai. Hulle het die altare waar U aanbid word, vernietig en al u profete vermoor. Nog net ek het oorgebly en nou soek hulle my lewe ook. Dit is waarom ek besluit het om te vlug.” “Gaan terug,” het die Here vir Elia gesê. “Op pad moet jy deur die woestyn tot by Damaskus gaan en daar moet jy vir Gasael as die nuwe koning van Aram aanwys. Verder moet jy na Jehu, die seun van Nimsi, gaan soek en hom met olie salf as teken dat hy die nuwe koning van Israel sal wees. Dan moet jy na Elisa seun van Safat uit Abel-Megola toe gaan. Hy is jou opvolger en jy moet hom ook salf as teken dat hy by jou gaan oorneem. “Hierdie drie persone sal die ontroue Israel straf. Wie van Gasael ontsnap, sal deur Jehu doodgemaak word. En wie Jehu ontglip, sal met Elisa te doen kry. Sewe duisend gelowiges sal egter oorbly. Dit is hulle wat nie die knie voor Baäl gebuig en nie sy beeld gesoen het nie.” Elia het Elisa raakgeloop waar hy op die land besig was om te ploeg. Daar was twaalf spanne osse wat geploeg het. Elisa het saam met die twaalfde span geloop. Elia het tot by hom gestap, sy mantel om Elisa gesit en toe verder geloop. Elisa het sy osse net so gelos en agter Elia aangehardloop. “Meneer,” het hy gesê. “Meneer, asseblief, wag net ’n rukkie. Ek wil net my pa en ma gaan groet en dan is ek nou-nou terug.” “Dit is goed so,” het Elia gesê. “Het ek enigiets aan jou gedoen?” Toe Elisa terugkom, het hy al die osse doodgemaak en ’n groot vuur gemaak. Hy het al die vleis gebraai en dit toe vir die werkers en hulle gesinne gegee. Na die groot afskeidsete is Elisa saam met Elia daar weg. So het Elisa Elia se helper geword.
Lees 1 Konings 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 19:14-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's