3 Johannes 1:5-8

3 Johannes 1:5-8 DB

My liewe vriend, jy doen regtig wat ’n gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het, vriendelik ontvang en gehelp het. Dit het nie eens vir jou saak gemaak dat jy hulle nog nooit voorheen gesien het nie. Toe hulle weer hier by ons gemeente aangekom het, het hulle ons alles vertel, en dit was ’n mooi verhaal van jou liefde. Jy doen die regte ding om sulke mense op reis te help. As jy dit doen, kan jy maar seker weet dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit. Hierdie mense het die reis aangepak omdat Jesus dit van hulle gevra het. Van ongelowiges kry hulle natuurlik geen hulp nie. Ons het dus die plig om sulke mense te help waar ons kan. Op dié manier word ons ook deel van die span wat die goddelike waarheid oral versprei.