Jesaja 4:5

Jesaja 4:5 DB

Dan sal die Here die berg Sion en almal wat daar kom aanbid, beskerm. Bedags sal dit soos ’n wolk lyk en snags sal dit soos rook lyk met helder vlamme daarin. Hierdie magtige teenwoordigheid van die Here sal die hele stad beskerm soos ’n dak.