Rigters 7:5-6

Rigters 7:5-6 DB

Gideon is toe met sy soldate af fontein toe. Toe hulle daar kom, sê die Here vir hom: “Deel die soldate in twee groepe. Maak ’n eerste groep uit al die soldate wat soos ’n hond water drink deur dit met die tong uit hulle hande op lek. Maak ook ’n tweede groep van al die soldate wat op hulle knieë gaan staan en water drink.” Drie honderd soldate het die water met hulle hande uitgeskep en so gedrink. Die res van hulle het op hulle knieë gaan staan om te drink.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Rigters 7:5-6