Johannes 2:7-8

Johannes 2:7-8 DB

Jesus sê toe vir die helpers: “Maak daardie kanne vol water.” Die helpers het die kanne tot heel bo vol gemaak. “Skep nou ’n beker daarvan en vat dit vir die seremoniemeester.” Die helpers maak toe soos Jesus gevra het. Daardie water het wyn geword en die helpers het dit besef. Die seremoniemeester het egter niks daarvan geweet nie.