Job 12

12
Job praat ’n vierde keer
1Job het geantwoord en gesê: 2“Sjoe, maar julle is darem slim mense! As julle doodgaan, is alle kennis saam met julle daarmee heen! 3Maar ek weet darem ook ’n paar dinge. Julle is niks beter as ek nie. Wie weet nou nie van die dinge waarvan julle praat nie? 4En tog lag julle, my vriende, vir my. Die Here het my nog altyd geantwoord as ek Hom iets gevra het. Ek is ’n eerlike mens, niemand kan iets slegs van my sê nie. Nogtans lag julle vir my. 5Mense wie se lewe rustig en sonder probleme is, dink minder as niks van ander wat in die moeilikheid kom nie. Hulle sal iemand wat val nog ’n skop ook gee. 6Maar daar is selfs rowers wat in rus en vrede gelaat word. En dan is daar mense wat teen God in opstand is wat steeds rustig en veilig lewe. Hulle dink dat hulle God in hulle mag het.”
7Job het gesê: “Gaan gerus na die diere en die voëls in die lug: hulle kan julle baie leer en vertel. 8Gaan praat met die aarde. Die aarde het baie om julle te leer. Die visse in die see het ook baie om julle te vertel. 9Hulle weet almal dat die Here alles gemaak het. 10Alles wat lewe, is van Hom afhanklik. Elke enkele mens is vir sy asem van die Here afhanklik. 11’n Mens proe met sy mond of kos lekker is. Net so moet ’n mens elke woord toets wat hy hoor. 12Ouer mense het baie kennis en insig. Mense wat lang lewenservaring het, verstaan dinge baie goed.”
God se wysheid
13“Maar God is eintlik die Een wat wysheid en krag het. Hy het altyd goeie raad en insig. 14As Hy iets vernietig het, kan dit nie weer opgebou word nie. As Hy iemand gevang het, is die kans om te ontsnap net mooi nul. 15As Hy keer dat dit reën, is daar droogte. En as Hy dit laat reën, verspoel alles weer. 16Die Here het krag en Hy wen altyd. Hy het mag oor die mense wat ander bedrieg, maar ook oor hulle wat bedrieg word. 17Hy laat leiers dom lyk. Hy maak van regters gekke. 18Hy trek konings se koningsklere uit en laat hulle slaweklere aantrek. 19Hy laat priesters hulle aansien in die samelewing verloor. Hy verneder hulle. Hy raak ook ontslae van mense wat dink hulle sit stewig in hulle magsposisies. 20Hy maak mense stil wat nog altyd goeie raad vir ander gegee het. Hy vat ook die insig van ouer mense weg. 21Hy laat belangrike leiers in die skande kom. Hy vat hulle mag weg.
22“Hy bring donker geheime in die lig. Hy gee lig in donker plekke. 23Hy laat volke sterk word, maar Hy vernietig volke ook weer. Hy laat toe dat nasies baie groot word, maar Hy laat hulle ook weer verdwyn. 24Hy vat leiers se vermoë weg om te verstaan en laat hulle in woeste plekke doelloos ronddwaal. 25Hulle loop voel-voel in die donker rond sonder enige lig. Hy laat hulle soos dronk mense rondslinger.”

Tans Gekies:

Job 12: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan