Dit is wat die Here wil hê Miga vir die profete moet sê. “Die Here sê: ‘Julle lei my mense op ’n dwaalspoor. As hulle vir julle kos gee om te eet, het julle allerhande mooi dinge vir hulle te vertel. Dit is net wat hulle wil hoor. As iemand weier om julle te betaal, dan word julle kwaad en behandel hulle soos julle vyande.’ Die Here sê dit is nag vir julle. ‘Die toekoms lyk maar donker vir julle, want Ek gaan nie vir julle iets besonders wys in ’n droom of vir julle iets oor die toekoms sê nie.’ Dit gaan vir hulle voel of die son vir hulle ondergegaan het en die donkerte hulle vasvang. Dit is hulle einde. Hulle sal nie meer kan doen waarvoor profete bekend is nie. Hulle gaan hulle plek in die samelewing verloor. Hierdie profete wat altyd sê wat in die toekoms gaan gebeur, gaan in die skande kom omdat hulle niks gaan hê om daaroor te sê nie. Omdat hulle skaam is, sal hulle almal hulle gesigte met hulle hande toehou, want die Here wil nie met hulle praat nie.” Tog sê Miga: “Ek voel dat die Here se Gees in my lewe is. Hy gee my baie krag. Ek het ook ’n goeie gevoel vir wat reg en verkeerd is. Verder is ek nie bang om vir die mense van Juda en Israel te sê wat hulle verkeerd doen nie en waarvan die Here nie hou nie.
Lees Miga 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 3:5-8
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's