Spreuke 6:16-19

Spreuke 6:16-19 DB

Kyk, daar is ses dinge waarvan die Here niks hou nie, sewe dinge wat Hy haat. Oë wat hoogmoed weerkaats, ’n tong wat leuens vertel, ’n hand wat ander se ondergang bewerk, ’n hart wat net slegte dinge dink, voete wat haastig na die kwaad toe hardloop, ’n vals mens wat na elke asemteug net leuens uitasem, en ’n rusverstoorder wat die liefde tussen mense wegvat.