Psalms 32
32
Vir Dawid. ’n Gedig om mense te leer hoe om gelukkig te lewe
1Jy is baie gelukkig as die Here jou al jou verkeerde dade vergewe.
Jy is gelukkig as Hy nie meer aan jou slegte dade dink nie.
2Jy is baie gelukkig as die Here jou nie laat betaal vir jou skuld nie.
Jy is ook gelukkig as jy nie skelm is of ander mense probeer te kort doen met geld nie.
3Toe ek stilgebly het oor my verkeerde dade en dit nie voor die Here bely het nie, het dit baie sleg met my gegaan.
Ek het maer geword soos ek die hele dag hard gebid het.
4Dag en nag het U my aan my sonde herinner.
My krag het opgedroog soos waterpoele in die gloeiende hitte van die somerson.
5Toe het ek my verkeerde dade voor U bely.
Ek het nie stilgebly oor die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie.
Ek het besluit om my slegte dade vir die Here te vertel.
U, Here, het dit alles vergewe.
6Daarom moet almal wat hulle vertroue in U stel, in moeilike tye na U roep.
As groot probleme ’n gelowige tref, sal dit niks aan hom doen nie.
7U beskerm my. U pas my op in elke krisis.
U laat my uitroep van vreugde wanneer U my red.
8Hy het gesê: Ek is soos ’n onderwyser vir jou.
Ek vat jou aan die hand om jou op die regte pad te lei.
Ek sal jou elke keer die regte raad gee. Ek sal jou oppas.
9Moenie so dom soos ’n perd of ’n donkie wees nie. Hulle het maar min verstand.
Hulle moet met ’n toom en ’n teuel gelei word, anders beteken hulle niks nie.
10Mense wat die Here nie dien nie, ken baie hartseer. Maar elkeen wat op die Here vertrou, kan op sy groot liefde staatmaak.
Die Here sal hom met sy goedheid toevou.
11Julle almal wat die Here liefhet, wees bly en opgewonde!
Juig oor die Here! Juig, julle almal wat opreg is!
Tans Gekies:
Psalms 32: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.