Psalms 69:13-15

Psalms 69:13-15 DB

Mense in die dorp skinder van my. Dronklappe sing spotliedjies oor my. Maar ek bid tot U. By U vra ek hulp, Here! Antwoord my tog. Wanneer die tyd vir U reg is, sal U my help, God. U liefde vir u kinders is baie groot. Omdat U getrou is, maak U ons lewe weer heel. Help my uit die gemors, Here! Moenie dat ek ondergaan nie. Laat my wegkom van die mense wat my haat.