Psalms 92:2-9

Psalms 92:2-9 DB

Allerhoogste Here, dit maak my baie bly om vir U ’n danklied te sing. Ek wil liedere sing om aan U eer te gee. Vroeg in die môre wil ek van u groot liefde vertel. In die aand wil ek uitjubel dat U altyd op u pos is. U slaap nooit nie. Ek wil dit uitsing met die geklank van viole, kitare, harpe en liere. Here, ek sal sing, want U het my lewe vol blydskap gemaak. Ek juig oor alles wat U gedoen het. Wat U gedoen het, is te groot vir ons klein verstandjies. Wat U dink en beplan, is te groot vir mense om te verstaan. As jy nie oor die Here se grootheid nadink nie, is jy dom; dan het jy geen verstand in jou kop nie. Ook al gaan dit baie goed met mense wat U nie dien nie, en al het mense wat lelike dinge doen sakke vol geld, hulle gaan die een of ander tyd onder. Maar Here, U is altyd baie groot.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 92:2-9