Openbaring 12:1-2

Openbaring 12:1-2 DB

In die hemel sien ek toe iets gebeur waaruit ons ’n belangrike les kan leer. Ek het ’n vrou gesien. Haar klere was so helder soos die son self en sy het op die maan gestaan, so belangrik was sy. Op haar kop was ’n kroon wat net mense kry wat wen en nie verloor nie. Die kroon was van twaalf sterre gemaak. Sy het ’n baba verwag. Omdat sy op die punt was om die baba te kry, het sy van die pyn geskree.