Openbaring 13:11-12

Openbaring 13:11-12 DB

Ek het toe nog ’n dier gesien. Hy het uit die aarde opgekom. Hierdie dier het nie gevaarlik gelyk nie, net soos ’n lammetjie met twee horinkies. Toe die dier egter sy mond oopmaak om te praat, was dit die ene duiwel, van voor tot agter. Hierdie dier kon alles doen wat die eerste dier gedoen het. Hulle het saamgewerk. Die tweede dier het net een doel gehad: hy wou sorg dat al die mense op die aarde die eerste dier - dit is nou die een met die dodelike wond wat gesond geword het - soos ’n god aanbid.