Openbaring 7:3-8

Openbaring 7:3-8 DB

“Wag so ’n bietjie. Moenie dat die wind nou al verwoesting saai oor die aarde en die see en die bome omwaai nie. Laat ons eers die mense merk wat God dien. Ons moet die merk van God wat wys dat hulle sy eiendom is, op hulle voorkop sit.” Ek het gehoor hoeveel mense daar was wat gemerk moes word. Daar was 144 000. Hulle het uit elke stam van Israel gekom: 12 000 uit elk van die volgende stamme: Juda, Ruben, Gad, Aser, Naftali, Manasse, Simeon, Levi, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin.