DEUTERONOMIUM 18:10-11

DEUTERONOMIUM 18:10-11 AFR83

Daar mag nie iemand by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar of 'n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie.