Yster slyp yster, vriende vorm mekaar. Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet; wie omsien na sy werkgewer se belange, sal daarvoor eer ontvang. Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk, so sien jy jouself in wat jy dink. Die doderyk en die onderaardse diepte kry nie genoeg aan dooies nie; 'n mens se oë kry nie genoeg van begeer nie. Die waarde van silwer word in 'n smeltkroes getoets, dié van goud in 'n oond, dié van 'n mens aan die lof wat hy ontvang. Al stamp jy 'n dwaas in 'n stampblok, al stamp jy hom saam met sandkorrels in 'n vysel, jy sal sy dwaasheid nie uit hom uit kry nie. Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het, gee aandag aan jou veetroppe. Rykdom hou nie vir altyd nie; selfs koninklike mag is nie blywend nie. As daar van die gras hooi gemaak is, die veld weer groen word en die voer uit die berge ingebring is, sal die skape jou klere voorsien en die bokke sorg vir die koopprys van 'n stuk grond. Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin te voed en ook nog jou slavinne te onderhou.
Lees SPREUKE 27
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SPREUKE 27:17-27
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's