1 SAMUEL 1:27-28
1 SAMUEL 1:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gebid om hierdie seun te kry, en die Here het vir my gegee wat ek gevra het. En ek het besluit om hom vir die Here te leen. Hy sal sy hele lewe lank iemand wees wat ek vir die Here geleen het.” Elkana en sy huisgesin het toe die Here daar aanbid.
1 SAMUEL 1:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het. So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid.
1 SAMUEL 1:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het. Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.” Toe het hulle die Here daar aanbid.
1 SAMUEL 1:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my versoek, dit wat ek van Hom gevra het, toegestaan. Op my beurt staan ek hom nou aan die HERE af. Solank as wat hy leef, is hy geleen aan die HERE.” Hulle het toe daar voor die HERE in aanbidding gebuig.
1 SAMUEL 1:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vir hierdie kind het ek gebid; en die HERE het my bede gegee wat ek van Hom gevra het. Daarom het ek hom ook aan die HERE geleen; so lank as hy lewe, sal hy aan die HERE geleen word. En hy het die HERE daar aanbid.