1 TIMOTEUS 3:12-13
1 TIMOTEUS 3:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Diaken moet aan sy vrou getrou wees en sy kinders en sy eie huisgesin goed beheer. Dié wat as diaken goed gedien het, verwerf vir hulleself 'n eervolle plek in die gemeente en groot vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.
1 TIMOTEUS 3:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Diakens moet net een vrou hê, en hulle kinders en hulle eie huishoudings goed bestuur. Want wie hulle dienswerk as diakens goed doen, verwerf groot aansien vir hulleself, en verkry groot vrymoedigheid deur die geloof in •Christus Jesus.
1 TIMOTEUS 3:12-13 Bybel vir almal (ABA)
'n Diaken moet net een vrou hê. Diakens moet goeie pa's wees vir hulle kinders, hulle moet goed regeer oor almal in hulle eie huisgesinne. Die gemeente respekteer 'n diaken wat sy werk goed doen. 'n Diaken wat sy werk goed doen, sal ook nie bang wees om vir ander mense te vertel wat hy alles glo oor Christus Jesus nie.
1 TIMOTEUS 3:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer. Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle 'n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.
1 TIMOTEUS 3:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat die diakens die mans van een vrou wees en hulle kinders en hulle eie huise goed regeer. Want die wat die amp van diaken gebruik het, koop vir hulleself 'n goeie graad en groot vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.
1 TIMOTEUS 3:12-13 Die Boodskap (DB)
’n Diaken moet getrou bly aan sy vrou en moet ’n goeie man vir sy vrou en pa vir sy kinders wees. As hy sy werk in die gemeente goed doen, sal die mense hom respekteer. Hy sal sonder om bang of onseker te wees sy werk doen omdat hy in Christus Jesus glo.