2 KRONIEKE 20:4
2 KRONIEKE 20:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.
2 KRONIEKE 20:4 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van Juda het bymekaargekom om vir die Here te vra wat hulle moet doen. Hulle het uit al die stede van Juda gekom om vir die Here te vra om hulle te help.
2 KRONIEKE 20:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.
2 KRONIEKE 20:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Juda het toe byeengekom om by die HERE hulp te soek; ja, uit al die dorpe van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.
2 KRONIEKE 20:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Juda het bymekaargekom om die HERE om hulp te vra; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.