2 KONINGS 6:6
2 KONINGS 6:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop vra die man van God: “Waar het dit geval?” Hy wys hom toe die plek. Die man van God het 'n stukkie hout afgesny, dit daarheen gegooi en die byl se kop laat dryf.
2 KONINGS 6:6 Bybel vir almal (ABA)
Die man van God het vir hom gevra: “Waar het die byl in die water geval?” Die profeet het vir Elisa die plek gewys. Elisa het 'n stuk hout afgekap en hy het dit daar in die water gegooi. En toe dryf die byl op die water.
2 KONINGS 6:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy 'n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe.
2 KONINGS 6:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf.
2 KONINGS 6:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die man van God sê: Waar het dit geval? En hy het hom die plek gewys. En hy het 'n stok afgekap en dit daarin gegooi; en die yster het geswem.