2 TESSALONISENSE 2:15-17
2 TESSALONISENSE 2:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, vriende, julle moenie twyfel nie. Julle moet aanhou om alles te glo wat ons vir julle geleer het toe ons by julle was, en ook alles wat ons vir julle geskryf het. God ons Vader is nog altyd lief vir ons. Omdat Hy goed is vir ons, sal Hy ons altyd help om nie moedeloos te word nie. Hy help ons ook om aan te hou hoop dat daar goeie dinge sal gebeur. Ons bid dat ons Here Jesus Christus self en God ons Vader julle sal bemoedig en vir julle die krag sal gee om aan te hou met al die goeie dinge wat julle doen en sê.
2 TESSALONISENSE 2:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is òf deur 'n woord òf deur 'n brief van ons. En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en 'n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het, julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke!
2 TESSALONISENSE 2:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur 'n brief was. En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade 'n blywende troos en goeie hoop gegee.
2 TESSALONISENSE 2:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom dan, broers, wees standvastig, en hou vas aan die oorlewerings waarin julle onderrig is deur 'n woord of 'n brief van ons af. En mag ons Here Jesus Christus self, en God, ons Vader, wat ons liefhet en uit genade aan ons blywende bemoediging en goeie hoop gee, julle harte bemoedig, en vir elke goeie daad en woord versterk.
2 TESSALONISENSE 2:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, broeders, staan vas en hou vas aan die oorleweringe wat julle geleer is, hetsy deur woord of ons brief. Maar ons Here Jesus Christus self en God, onse Vader, wat ons liefgehad het en ons die ewige vertroosting en goeie hoop gegee het deur genade, Troos julle harte en bevestig julle in elke goeie woord en werk.
2 TESSALONISENSE 2:15-17 Die Boodskap (DB)
Liewe broers en susters, staan sterk! Hou vas aan alles wat ek julle geleer het toe ek daar by julle was en aan dit wat ek in my briewe skryf. God ons Vader het ons almal baie lief, ons Here Jesus Christus ook. God se goedheid oorweldig ons keer op keer. Hy droog ons trane keer op keer af en Hy gee aan ons ’n vaste hoop vir die nuwe lewe wat voorlê. Mag Hy julle harte rustig maak en julle geloof sterk maak. En mag Hy julle help om die hele tyd net die regte dinge te sê en te doen.
2 TESSALONISENSE 2:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Met dit in gedagte, broers en susters, staan vas! Hou by al die oorgelewerde geloofswaarhede wat julle geleer het, of dit nou deur ons woorde of briewe was. Verder, mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader – Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade ’n ewige troos en ’n goeie vooruitsig gegee het – mag Hy self julle harte vertroos en julle sterk maak in elke goeie daad en woord.