DEUTERONOMIUM 10:21
DEUTERONOMIUM 10:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het.
DEUTERONOMIUM 10:21 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die Here prys, Hy is julle God wat hierdie groot en wonderlike dinge vir julle gedoen het, dinge wat julle self sien.
DEUTERONOMIUM 10:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet Hom prys, want Hy is jou God en Hy het al hierdie magtige wonderdade wat jy met jou eie oë gesien het, vir jou gedoen.
DEUTERONOMIUM 10:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy is die Een wat jy moet loof en Hy is jou God wat aan jou hierdie groot en ontsagwekkende dade gedoen het wat jy met jou eie oë gesien het.
DEUTERONOMIUM 10:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en verskriklike dinge aan jou gedoen het wat jou oë gesien het.