PREDIKER 3:12-13
PREDIKER 3:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet nou dat dit die beste vir 'n mens is om vrolik te wees en die lewe te geniet terwyl hy lewe. Mense kan eet en drink en die lewe geniet nadat hulle hard gewerk het, ek weet dat dít 'n present is wat God vir mense gee.
PREDIKER 3:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.
PREDIKER 3:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.
PREDIKER 3:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het besef dat daar tussen hulle niks beter is nie as om vreugde te ervaar en die goeie te geniet in die lewe – ja, elke mens – dat hy eet en drink en die goeie geniet by al sy inspanning. Dit is 'n gawe van God.
PREDIKER 3:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek weet dat daar geen goed in hulle is nie, maar dat 'n mens bly is en goed doen in sy lewe. En ook dat elke mens moet eet en drink en die goeie van al sy arbeid geniet, dit is die gawe van God.