ESEGIËL 4:4-5
ESEGIËL 4:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Gaan lê dan op jou linkersy en sit die sondeskuld van Israel op jou. Jy moet hulle straf dra vir die aantal dae wat jy daar op jou sy lê. Jy moet Israel se straf dra vir 390 dae – een dag vir elke jaar wat hulle gesondig het.
ESEGIËL 4:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet eers op jou linker-sy lê en jy moet die straf dra vir die sonde van die volk Israel. Jy moet die straf dra so lank soos jy op jou linker-sy lê. Ek het besluit jy moet 390 dae lank op jou linker-sy lê en jy moet die straf dra, een dag vir elke jaar van die straf van die volk Israel.
ESEGIËL 4:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra. En Ék lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, driehonderd-en-negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.
ESEGIËL 4:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dan moet jy op jou linkersy gaan lê en die sonde van die volk Israel op jou neem. Jy moet hulle sonde dra die volle getal dae dat jy op jou sy lê. Soveel jare as wat hulle bly sondig het, soveel dae lê Ek jou op: drie honderd en negentig dae lank moet jy die sonde van die volk Israel dra.
ESEGIËL 4:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“En jy, gaan lê op jou linkersy, en plaas so die sondeskuld van die huis van Israel op jou sy. Soveel dae as wat jy op jou sy lê, soveel dae sal jy hulle sondeskuld dra. En Ek, Ek het vir jou die aantal jare van hulle sondeskuld 'n getal dae gemaak – driehonderd-en-negentig dae lank moet jy die sondeskuld van die huis van Israel dra.
ESEGIËL 4:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Lê ook op jou linkersy en lê die ongeregtigheid van die huis van Israel daarop; volgens die getal dae wat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra. Want Ek het die jare van hulle ongeregtigheid op jou gelê, volgens die getal dae, drie honderd en negentig dae; so moet jy die ongeregtigheid van die huis van Israel dra.
ESEGIËL 4:4-5 Die Boodskap (DB)
“As jy hiermee klaar is, gaan lê op jou linkersy. Maak of jy al die sondes van jou volk Israel op jou neem. Jy gaan vir die hele tyd wat jy so lê Israel se sondes dra. Hulle het 390 jaar teen My gesondig. Gaan lê op jou linkersy vir 390 dae, ’n dag vir elke jaar.