GENESIS 16:13
GENESIS 16:13 Die Boodskap (DB)
Hagar het toe ’n naam vir die Here gegee: “U is die God wat mense raaksien en vir hulle sorg. Vandag het ek God gesien wat my raakgesien het.”
GENESIS 16:13 Bybel vir almal (ABA)
Nadat die Here met Hagar gepraat het, het sy die Here aanbid. Sy het gesê: “U is die God wat my sien. Hier het ek ook die God gesien wat my gesien het.”
GENESIS 16:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
GENESIS 16:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”
GENESIS 16:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hagar het toe die Naam aangeroep van die HERE wat met haar gepraat het: “U is die God wat my sien”. Want sy het gesê: “Het ek Hom wat my sien, ook hier gesien?”