HEBREËRS 10:22-23 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HEBREËRS 10:22-23 AFR83 (Afrikaans 1983)
laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
HEBREËRS 10:22-23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou
HEBREËRS 10:22-23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja tot voor God, met ’n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte deur besprinkeling gesuiwer is van ’n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water. Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het.
HEBREËRS 10:22-23 DB (Die Boodskap)
Juis daarom kan ons opreg in God se huis ingaan sonder om te twyfel oor dit waarop ons vertrou. Ons binneste is mos silwerskoon gemaak deur die bloed van Jesus, sodat niks ons meer pla nie, en ons liggaam is met skoon water gewas. God breek nooit sy woord nie; op Hom kan ons reken. Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het.
HEBREËRS 10:22-23 ABA (Bybel vir almal)
Daarom moet ons aanhou om na God toe te gaan, ons moet net vir Hom dien en ons moet baie seker wees dat die dinge wat ons glo, waar is. Ons het voorheen nie geweet wat is reg en wat is verkeerd nie, maar Jesus het ons rein gemaak soos wanneer die priesters die bloed van bokke en bulle gespat het op onrein mense, en daarna was hulle rein. Daarom is ons ook nou soos mense wat ons liggame met skoon water gewas het. Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo en te sê wat ons hoop, ons moenie daaroor twyfel nie. Ons kan baie seker wees daarvan omdat God dit belowe het, en Hy sal doen wat Hy belowe het.
HEBREËRS 10:22-23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat ons daarom ingaan met 'n opregte hart, in volle geloofsekerheid, met ons harte besprinkel, vry van 'n slegte gewete, en ons liggame gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die belydenis van wat ons hoop, sonder om af te wyk, want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou.
HEBREËRS 10:22-23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, met ons harte besprinkel van 'n slegte gewete, en ons liggame gewas met rein water. Laat ons die belydenis van ons geloof vashou sonder om te wankel; (want hy is getrou wat beloof het;)