Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HOSEA 12:6-7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HOSEA 12:6-7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou.” Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig.

HOSEA 12:6-7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En HERE God van die leërskare, HERE is sy gedenknaam. En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.

HOSEA 12:6-7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

die HERE, die almagtige God. Die HERE is sy Naam! Kom nou terug na jou God toe! Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ’n vaste vertroue op jou God.

HOSEA 12:6-7 DB (Die Boodskap)

Dit was die Here, die God van groot krag. Sy Naam is ‘Die Here’. Kom terug na jou God toe. Bly getrou aan die Here. Doen wat Hy vir jou sê. Hou Hom altyd in gedagte.”

HOSEA 12:6-7 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het dit gedoen. Hy is die God wat oor alles regeer, sy Naam is: Die Here. Nageslag van Jakob, nou moet julle terugkom na julle God toe. Julle moet lief wees vir mekaar en doen wat reg is, julle moet altyd glo dat Hy julle sal help.

HOSEA 12:6-7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE, die God van alle magte, HERE is sy gedenknaam.” Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God.

HOSEA 12:6-7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom bekeer jy jou tot jou God; bewaar barmhartigheid en oordeel, en wag gedurigdeur op jou God. Hy is 'n handelaar, die weegskaal van bedrog is in sy hand; hy hou daarvan om te verdruk.