JEREMIA 17:7 - Compare All Versions

JEREMIA 17:7 ABA (Bybel vir almal)

Die Here sal die man seën wat glo dat die Here hom sal help en hom sal beskerm.

JEREMIA 17:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.

JEREMIA 17:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is

JEREMIA 17:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, wie se vertroue die HERE is.

JEREMIA 17:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Geseënd is die man wat op die HERE vertrou en wie se hoop die HERE is.

JEREMIA 17:7 DB (Die Boodskap)

Maar dit sal goed gaan met mense wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms.

JEREMIA 17:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Maar gelukkig is dié mense wat op die HERE vertrou en hulle verwagting in Hom stel.