JOHANNES 10:10-11 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JOHANNES 10:10-11 AFR83 (Afrikaans 1983)
'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
JOHANNES 10:10-11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
JOHANNES 10:10-11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het. “Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape.
JOHANNES 10:10-11 DB (Die Boodskap)
Ek is hier om vir julle die kans te gee om altyd by God te wees. By Hom sal julle die lewe voluit kan geniet. En dit is lekkerder as enigiets anders, glo My!” “Ek is vir Christene wat ’n herder vir sy skape is. Wat Ek bedoel, is dit: die herder is bereid om alles te gee ter wille van sy skape, ook sy lewe. Hy sal liewer self doodgaan as dat hy sal toelaat dat sy skape iets oorkom.
JOHANNES 10:10-11 ABA (Bybel vir almal)
'n Dief kom net om die skape te steel en te slag en dood te maak. Ek is nie so nie. Ek het gekom sodat die skape kan lewe, sodat hulle regtig kan lewe. Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder sal sterf sodat sy skape kan lewe.
JOHANNES 10:10-11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
JOHANNES 10:10-11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die dief kom nie, maar om te steel, en om te slag en om te verwoes; Ek het gekom dat hulle lewe kan hê en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder: die goeie herder gee sy lewe vir die skape.