KLAAGLIEDERE 2:11
KLAAGLIEDERE 2:11 Bybel vir almal (ABA)
Ek is moeg, want ek het baie gehuil, alles pyn binne-in my. Dit voel of my lewer op die grond wil val, want die Here het my volk stukkend gebreek. Kinders en babas het flou geval op die oop stukke grond in die stad.
KLAAGLIEDERE 2:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kaf. My oë teer weg in trane, my ingewande is in beroering, my lewer is op die grond uitgeskud vanweë die verbreking van die dogter van my volk, omdat kind en suigling op die pleine van die stad versmag
KLAAGLIEDERE 2:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
My oë is gedaan van die huil, dit brand in my, my moed is gebreek, want my volk is plat geslaan; kinders en babatjies sak inmekaar in die strate van die stad.
KLAAGLIEDERE 2:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My oë is verblind deur trane; my ingewande gloei. My hart is stukkend oor die ineenstorting van die dogter van my volk, want kinders en babas kwyn weg op die dorpspleine.
KLAAGLIEDERE 2:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My oë beswyk van trane, my ingewande is onrustig, my lewer is op die aarde gegooi, ter wille van die vernietiging van die dogter van my volk; want die kinders en die suigelinge swymel op die strate van die stad.