Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

SPREUKE 10:4-5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 10:4-5 AFR83 (Afrikaans 1983)

'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak. Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is; 'n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting.

SPREUKE 10:4-5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk. Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.

SPREUKE 10:4-5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Mense wat lui is, word gou arm. Hulle wat fluks is, word ryk. Die verstandige mens samel sy oes in in die somer. Hy wat in die oestyd slaap, bring skande oor homself.

SPREUKE 10:4-5 DB (Die Boodskap)

Wie lui is, word gou arm. Wie hard werk, het geld vir kos en klere.

SPREUKE 10:4-5 ABA (Bybel vir almal)

Hande wat lui is, laat mense arm word, maar hande wat hard werk, maak mense ryk. 'n Kind wat in die somer die koring-oes bymekaarmaak, is verstandig. 'n Kind wat slaap wanneer hy die koring moet afsny, sal niks hê nie.

SPREUKE 10:4-5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Trae hand maak arm, maar die hand van vlytiges maak ryk. Wie in die somer versamel, is 'n verstandige seun; wie in die oestyd vas slaap, is 'n seun wat skande maak.

SPREUKE 10:4-5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy word arm wat met 'n slap hand handel, maar die hand van die vlytiges maak ryk. Hy wat in die somer insamel, is 'n wyse seun; maar hy wat in die oes slaap, is 'n seun wat skande maak.