SPREUKE 24:1-2
SPREUKE 24:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie soos slegte mense wil wees nie, jy moenie verlang om saam met hulle te wees nie. Hulle dink altyd oor hoe hulle mense kan seermaak en doodmaak, hulle praat altyd oor hoe hulle ander mense kan laat swaarkry.
SPREUKE 24:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEES nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie. Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
SPREUKE 24:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie slegte mense beny nie, moenie by hulle wil wees nie; al waaroor hulle dink, is geweld, en al waaroor hulle praat, is moeilikheid maak.
SPREUKE 24:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie slegte mense beny nie, en begeer nie om by hulle te wees nie; want hulle harte oorpeins verwoesting, en hulle lippe praat oor die aanrig van skade.
SPREUKE 24:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees nie afgunstig op die bose mense nie, en begeer nie om by hulle te wees nie. Want hulle hart bestudeer verderf, en hulle lippe praat van onheil.