SPREUKE 24:3-4
SPREUKE 24:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat wysheid het, kan 'n huis bou. As hy verstandig is, dan kan hy die huis sterk bou sodat dit vas staan. As hy weet hoe om dit te doen, dan kan hy die kamers volmaak met baie kosbare en mooi goed.
SPREUKE 24:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
SPREUKE 24:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is verstand nodig om 'n huis te bou, insig om sy fondamente te lê, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed.
SPREUKE 24:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstandigheid word dit gevestig. Deur kennis word kamers gevul met allerlei kosbare en lieflike dinge.
SPREUKE 24:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur wysheid word 'n huis gebou; en deur begrip word dit vasgestel: En deur kennis sal die kamers gevul word met alle kosbare en lieflike rykdom.