PSALMS 34:11-14
PSALMS 34:11-14 Bybel vir almal (ABA)
Leeus kry nie altyd genoeg kos nie en hulle word honger, maar die mense wat vir die Here vra wat hulle moet doen, het genoeg van al die goeie dinge. Kom kinders, julle moet luister na my, ek wil vir julle leer hoe julle die Here moet dien. Die persoon wat lief is vir die lewe en wat graag goeie dinge wil hê, moenie sleg praat van mense nie en hy moenie lieg nie.
PSALMS 34:11-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie. Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer. Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien? Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
PSALMS 34:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie. Kom, kinders, luister na my! Ek wil julle leer hoe om die Here te dien. As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.
PSALMS 34:11-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jong leeus kry swaar en ly honger, maar wie die HERE soek, ly geen gebrek aan alles wat goed is nie. Kom, kinders, luister na my, ontsag vir die HERE sal ek julle leer. Wie is die mens wat lewe begeer, graag jare wil hê om die goeie te ervaar? Weerhou jou tong van kwaad en jou lippe daarvan om bedrieglik te praat.
PSALMS 34:11-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kom, kinders, luister na my: Ek sal julle die vrees van die HERE leer. Watter mens is dit wat die lewe begeer en baie dae liefhet, dat hy die goeie kan sien? Bewaar jou tong van onheil en jou lippe van bedrog. Gaan weg van die kwaad en doen goed; soek vrede en jaag dit na.
PSALMS 34:11-14 Die Boodskap (DB)
Selfs sterk roofdiere soos leeus met hulle groot krag vang partykeer niks nie. Dan ly hulle honger. Maar as jy van die Here afhanklik is, sal jy niks nodig hê nie. Die Here sal vir jou sorg. Kom, kinders, laat ek julle iets leer! Ek gaan julle wys hoe om die Here te dien. Is daar iemand onder julle wat lief is vir die lewe? Wie wil graag die goeie dinge van die lewe geniet en gelukkig wees? Jy? Pas dan op om nooit verkeerde dinge te sê nie! Moenie oneerlik wees en ander mense met leuens verkul nie.
PSALMS 34:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Selfs jong leeus ly gebrek en is honger, maar wie op die HERE vertrou, kort niks wat goed is nie. Kom, kinders, luister na my! Ek sal julle leer hoe om die HERE te dien. Wie is die mens wat ’n lang lewe begeer, wat baie goeie dae begeer? Hy moet sy tong weerhou van kwaad en sy lippe om leuens te vertel.