PSALMS 4:7-8
PSALMS 4:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Daar is baie mense wat vra: “Wie sal dit goed laat gaan met ons?” Here, U moet weer goed wees vir ons. U het my bly gemaak, blyer as mense wat baie koring en wyn het.
PSALMS 4:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE! Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
PSALMS 4:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is baie wat sê: “Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?” Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons! U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het.
PSALMS 4:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, HERE! U het vreugde in my hart gegee, meer as in die tyd wanneer mense se koring en •nuwe wyn volop is.
PSALMS 4:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U het blydskap in my hart gegee, meer as in die tyd dat hulle koring en hulle wyn vermeerder het. Ek sal my in vrede neerlê en slaap, want U, HERE, laat my net veilig woon.
PSALMS 4:7-8 Die Boodskap (DB)
Jy het al baie mense hoor sê: “Wanneer sal dit weer met ons goed gaan?” Help tog, Here! Kyk na ons kant toe. Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie. Ek is blyer daaroor as wat ander bly word oor miljoene rande, oorsese reise of blink motors.