Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

TITUS 3:5-6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

TITUS 3:5-6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser.

TITUS 3:5-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser

TITUS 3:5-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het.

TITUS 3:5-6 DB (Die Boodskap)

Hy het ons verlos. Hy het dit nie gedoen omdat ons so goed geleef het sodat Hy ons moes verlos nie. Nee, Hy het dit gedoen omdat Hy ons baie jammer gekry het. God het ons heeltemal nuut gemaak. Ons is ’n tweede keer gebore toe ons sy kinders geword het. Toe is al ons sondes afgewas. God het ook deur die Heilige Gees nuwe lewe aan ons gegee. God het ook nie net ’n klein stukkie van die Heilige Gees aan ons gegee nie. Nee, deur die toedoen van Jesus Christus, ons Verlosser, het Hy die Heilige Gees in sy volheid oor ons uitgegiet.

TITUS 3:5-6 ABA (Bybel vir almal)

Hy het ons gered, maar Hy het dit nie gedoen omdat óns goeie dinge gedoen het nie. Nee, God het ons gered omdat Hy jammer was vir ons. Hoe het Hy ons gered? Hy het die Heilige Gees gestuur om ons sondes af te was. Hy het ons gemaak soos nuwe mense, Hy het ons gemaak soos mense wat weer gebore is. God het vir Jesus Christus, ons Redder, gestuur om die Heilige Gees vir ons te gee, sodat die Heilige Gees heeltemal oor ons sal regeer.

TITUS 3:5-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

het Hy ons verlos – nie op grond van werke wat ons uit •geregtigheid gedoen het nie, maar op grond van sy ontferming – by wyse van die afwassing deur die weergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees, wat Hy ryklik oor ons uitgegiet het deur Jesus •Christus, ons Verlosser.

TITUS 3:5-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Nie deur werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing van die Heilige Gees; wat Hy oorvloediglik op ons uitgestort het deur Jesus Christus, ons Verlosser