JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 10 VAN 27

Lees: Jakobus 2:1-7

SOAP: Jakobus 2:1-7

Jakobus vra gelowiges om partydigheid en vooroordeel te laat staan. Hy herken dat die armes selfs in die vroeë Kerk misken, en geïgnoreer is en dat daar teen hulle gediskrimineer is, terwyl diegene met hoë sosiale status, posisie en ekonomiese status verhoog en geëer is. 

Teen watter persoon of watter soort sondaar is jy geneig om te diskrimineer? Die deurslaggewende bediening van Jesus was liefde. Hy het liefde gewys vir die armes, diegene wat deur die gemeenskap verwerp is, vir die siekes, vir die hulpeloses, die magteloses, en vir die sondaars. Jesus het nie uit die hemel gekom vir Homself nie. Hy het gekom vir ons - elke enkele een van ons. Van wie weerhou jy deur wat jy doen, wat jy nie doen nie of deur jou gesindheid? Hoe sal jy vandag begin om jou genade en liefde uit te reik?  

Vader God, ek dank U dat U evangelie niemand uitsluit nie. Ek dank U vir U genade wat aanhou om my te ontmoet net soos ek is. Ek dank U dat U liefde nie rykdom, verdienstelikheid, prestige of status soek nie. Here, lei my om te weet waar en hoe om uit te reik na diegene wat nie soos ek is nie. In Jesus se naam. Amen.    

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com