Die doodVoorbeeld

Die dood is deel van die lewe. Meeste van ons het al die impak van verlies en rou ervaar wanneer 'n geliefde van ons weggeneem is. Sekere gevalle is makliker om te hanteer as ander, maar ongeag van die omstandighede, is dit nooit maklik nie. Soveel vrae en antwoorde kom in ons harte op wanneer ons daaroor nadink om 'n geliefde aan die dood af te staan. Sommige mense blammer God en word kwaad en ander skakel net af. Baie min mense weet hoe om die dood op 'n Goddelike wyse te hanteer. Die goeie nuus vir ons is dat God vir ons die oorsprong van sterkte en moed in hierdie moeilike tyd wil wees. Kom ons loer na God se hart in hierdie moeilike tyd en wat Hy vir jou wil doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die dood is iets wat almal deur die lewe moet hanteer. Daar is soveel vrae wat onstaan en ons word diep in ons binneste geruk. Hierdie sewe-dag plan gee vir jou insig oor wat die Bybel te sê het oor hoe om krag en troos te vind in die gesig van ons mortaliteit.
More
This plan was created by Life.Church




