Waarheid OorwinVoorbeeld

Lees: Spreuke 13:20; Jakobus 1:5
SOAP: Jakobus 1:5
Ons moet wysheid aan die dag lê om die leuens in ons lewens te oorkom. Sommige van ons mag onsself dalk nie as wys beskou nie. Gelukkig is wysheid 'n eienskap wat ons kan ontwikkel. Die Skrif noem 'n paar maniere waarop ons in wysheid kan groei.
Die eerste manier om wysheid te bekom, is om tyd in die teenwoordigheid van wyse mense te spandeer. Daar steek waarheid in die Engelse idioom, "birds of a feather, flock together." Verstandige mense assosieer hulleself met die wyses en die dwaas vergesel die dwases.
Die tweede manier om in wysheid te groei is om God vir wysheid te vra. Hy is getrou om hierdie gawe te bied aan diegene wat dit in geloof vra.
Wanneer laas het jy wysheid van diegene rondom jou of deur gebed gesoek?
Hemelse Vader, dankie dat U my toelaat om in wysheid te groei. Ek bid dat U sal aanhou om my vermoë om te onderskei tussen waarheid en leuens te laat groei. Help my asseblief om wyse besluite te neem.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com