Waarheid OorwinVoorbeeld

Lees: Psalms 25:5; Psalms 119:6
SOAP: Psalms 25:5
Om te onderskei tussen die waarheid en leuens kan soms wees soos om in die mis te ry. Die pad is moeilik om te navigeer wanneer dit onduidelik is. Ons Hemelse Vader wil hê dat ons Hom moet soek vir duidelikheid. In Psalm 25, toe koning Dawid deur sy vyande oorweldig was, het hy tot God gebid vir leiding. Dawid se gebed druk sy volle vertroue in God se vermoë om hom die regte pad te wys uit. God se karakter is die grondslag van sy vertroue.
Wanneer ons die Here soek, sal ons Hom vind. Hy sal nie toelaat dat ons in die duisternis wandel nie. Ons moet eenvoudig geduldig wees en wag vir sy leiding.
In watter area sukkel jy om die waarheid te onderskei? Neem 'n tydjie om God te vra vir onderskeidingsvermoë. Hy is getrou om jou die weg te wys.
Hemelse Vader, dankie vir u getrouheid. Selfs as die pad onduidelik lyk, sal ek op U vertrou. Ek bid dat U my die wysheid sal gee om die waarheid van leuens te onderskei.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com