Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 8 VAN 41

Lees: Efesiërs 2:8; 1 Johannes 4:19

SOAP: Efesiërs 2:8

Baie gelowe glo die leuen dat jy die liefde van 'n hoër mag moet verdien. Hierdie selfde leuen het die lewe van sommige Christene geïnfiltreer. Mense maak hulle self siek deur te wonder of hulle goed genoeg is om deur God aanvaar te word. Hulle beskou verlossing as 'n doel wat bereik moet word, eerder as 'n geskenk wat ontvang moet word.

Die Bybel is duidelik daaroor dat verlossing 'n produk is van God se groot liefde vir ons. Ons reaksie in geloof op hierdie daad van genade is die enigste ding wat 'n verhouding met God regverdig. God het ons liefgehad nog voordat ons iets vir Hom gedoen of enige liefde vir Hom gevoel het. Daar is niks wat ons kan doen om ons van sy liefde te skei nie.

As gevolg van hierdie waarheid kan ons tot God nader met ‘n gevoel van veiligheid en vryheid. Ons hoef nie te vrees wanneer ons nie voldoen aan God se heilige standaarde nie - Hy het ons sy genade geskenk. In plaas daarvan, verbly jou eerder in sy goedheid en leef 'n lewe van dankbaarheid. Deur genade is jy gered!

Dink ‘n bietjie oor jou geloof vandag. Hoe het jy probeer om God se liefde te verdien eerder as om sy gratis geskenk van genade heelhartig te omhels?

Hemelse Vader, dankie vir u groot gawe van genade. Ek verdien dit nie. Wat my niks gekos het nie, het U alles gekos in die lewe van u Seun. Ek bid dat ek vir ewig die offer sal onthou wat Jesus gemaak het en my lewe in waardering daarvoor sal leef.

In Jesus se naam,

Amen. 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid. 

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com