RutVoorbeeld

Rut

DAG 2 VAN 27

Lees: Rut 1:4-5, Genesis 19:30

SOAP: Rut 1:4-5

Ons sondige keuses beïnvloed ons hele gesin. Hier volg Maglon en Kiljon die slegte voorbeeld van hul pa en kies hulle om soos heidene te leef. Eerder as om God te vrees en te gehoorsaam, het hulle vrouens gekies wat God nie gevolg het nie. Die hongersnood wat in die land was wat hulle verlaat het, was nou in hulle harte, en hulle het hul lewens verloor. Naomi was waarlik dor en leeg gelos

Sonde lei tot smart en droefheid wat almal in ons huis vergiftig. As jy in 'n goddelike huis grootgeword het, dank God vir die nalatenskap van geloof wat jou op die regte weg geplaas het. As jy grootgeword het in 'n huis waar sonde hoogty gevier het, kan jy daardie siklus breek deur God te vra vir vergifnis en kies om in gehoorsaamheid aan Sy Woord te leef. Mag ons huise gebou word op 'n erfenis van geloof wat God eer.

Vader God, dankie vir die geskenk van familie. Ons wil hê dat ons gesinne U moet eer. Ons wil 'n erfenis van geloof in ons kinders laat. Wys ons hoe om wys te bou en U te behaag. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander. 

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com