Wees DapperVoorbeeld
![Wees Dapper](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F13895%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Matteus 6:25-34, Matteus 11:28-30
SOAP: Matteus 11:28-30
Daar is soveel troos en bemoediging in hierdie verse. Dit is 'n ope uitnodiging van Jesus self, wat ons roep in ons moeë toestand, om dít wat ons aftrek, neer te lê en dit te veruil vir rus vir ons siele. Wanneer ons gekonfronteer word met onsekerhede in die lewe, wanneer ons moeg en oorweldig is, is dit nie presies wat ons nodig het nie? Iemand om ons lading te verlig? Jesus belowe om daardie iemand te wees. "Laat ek jou leer," sê Hy. Hy lei ons om Hom dieper te ken, sodat ons aan daardie belofte kan vashou. Hy wil hê dat ons die vrede en rus moet verstaan wat net Hy kan gee, sodat ons dapper kan wees in onsekere situasies. Ons weet dalk nie wat môre inhou nie, maar ons kan met sekerheid weet Wie ons môres in sy hande hou. Ons kan na Hom kom om ons rus te vind. Ons kan dapper wees in onsekerheid.
Liewe God, help my om my rus in U te vind. Dankie vir die uitnodiging om in U teenwoordigheid te kan rus wanneer ek moeg en beswaard is. Hemelse Vader, ek vertrou U in elke situasie, in elke seisoen. Dankie vir die krag en moed om onsekerhede in die gesig te staar. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Wees Dapper](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F13895%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com