Waar die hart van vol isVoorbeeld
“Vriendskap”
Twee vriende wat werklik vir mekaar omgee, het ’n onuitwisbare invloed op mekaar. Deur die insette wat hulle lewer, vorm hulle mekaar. Goeie vriende kan ’n positiewe invloed op jou hele lewe hê. As jou vriend eerlik is, gaan jou skewe transaksies jou kort voor lank só pla dat jy daarmee gaan ophou. Ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar. Slegte vriende kan ’n negatiewe invloed op jou lewe hê.
Maak seker dat jou invloed op jou vriende altyd positief is. Ware vriende sien ook kans om mekaar tereg te wys as dit nodig sou word, al is dit nie altyd maklik of lekker om dit te doen nie.
Jesus stel ook vir ons die volmaakte voorbeeld wat vriende betref. “Niemand het groter liefde as dít nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel,” sê Hy vir sy dissipels (Joh. 15:13-14, Bybel in Afrikaans 1983/1992).
Gee jy genoeg om vir jóú vriende om vir hulle die regte voorbeeld te stel, om nie jou raad terug te hou as jy sien dat hulle fouteer nie? Word dan ook Jesus se vriend deur Hom te gehoorsaam.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP VIR ELKE DAG deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za vir meer inligting.
Aangaande hierdie leesplan
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.
More
Ons wil graag Christelike kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za