Op arendsvlerkeVoorbeeld

Op arendsvlerke

DAG 4 VAN 4

“Leiding deur God en die Gees”


Soms kom ’n mens voor ’n uitdaging of opdrag te staan waarvoor jy menslik gesproke net nie kans sien nie. Die eise wat aan jou gestel word, klink net te hoog. Jy beskik nie oor die krag of vermoëns om daaraan te voldoen nie. Dan is daar twee opsies: Gooi sommer by voorbaat tou op, of pak die bul by die horings!


Josua het voor so ’n keuse te staan gekom. Hy moes ewe skielik Moses se skoene vol staan. Dit was mos ’n onbegonne taak! Moses was ’n ikoon, ’n volksheld, ’n leier sonder weerga. As ek Josua was, het ek die woestyn in gehol.


Maar daar was ook God, die Almagtige. En wat die uitdaging ook al is – as dit van God kom, sal Hy sorg vir leiding en krag. Dan loop jy nie alleen nie. Dan word jy van alle kante omring deur ’n Goddelike teenwoordigheid. God sal jou nie in die steek laat nie. Moenie bang wees nie. Dit geld ook vir jou as jou pad baie steil is. Hou moed, God is by jou!


Hierdie oordenking is geneem uit OP ARENDSVLERKE deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za  vir meer inligting.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Op arendsvlerke

Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Maar as daar een ding is wat ’n man moet onthou, is dit dít: Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee die Here weer nuwe veerkrag aan jou lewe. Vind nuwe krag en sterkte in God se beskerming saam met Johan Smit met hierdie 4-dag-plan, saamgestel uit sy bundel OP ARENDSVLERKE.

More

Hierdie oordenkings is geneem uit OP ARENDSVLERKE deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy www.cumbooks.co.za/