Ontvang krag in die teenwoordigheid van God Voorbeeld

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

DAG 3 VAN 7

ROEP DIE HERE AAN 

Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle hele hart daarna vra. Jeremia 29:12-13 

Dierbare vriende van my en my vrou, Bill en Gayle Brownlee, het ons genooi om saam met hulle Wildekus toe te gaan. Hulle het ‘n pragtige huisie in die berge wat oor die Indiese Oseaan uitkyk. Bill en Gayle het vir ons ‘n heerlike aandete gemaak. Toe het hulle aangekondig dat hulle die volgende dag weer gaan vertrek. 

Ek en Jill sou tien dae alleen daar wees. In God se pragtige natuur. Vir my was dit een groot toets. Die eerste drie dae het ek sonder ophou opgestaan, in die vertrek rondgestap en dan weer gaan sit. Ek wou iets dóén – en daar was niks om te doen nie. 

Matteus 14:23 sê Jesus het skare weggestuur en toe het Hy teen die berg opgestaan om te bid. Hy was alleen daar en Hy het tot sy Vader gebid. Hy het niks anders daar in die teenwoordigheid van sy Vader gedoen as om te bid nie. 

Ons raak so vasgevang in die rotresies. Ons begin glo as ons nie iets dóén nie, is ons ook nie iets werd nie. Wat God vir my in daardie huisie geleer het, is dat Hy ‘n hegte verhouding met ons begeer. Hy wil hê ons moet Hom aanroep en tot Hom bid. Hy sal na ons luister. Wanneer ons hom met ons hele hart aanroep, sal Hy ons ontmoet. 

Here Jesus, ek wil in u voetspore volg en tyd by die Vader deurbring. Ek sal U met my hele hart aanroep. Luister asseblief na my en antwoord my. Amen 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za